DOEL VAN SWAARKRY

LIG IN DIE DONKER (23)

Romeine 8:28 "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk...."

Kan dit waar wees?

Alles ten goede!

Hoe kan my pyn, my siekte, my hospitalisasie, my verlies, al die ellende my, ten goede wees?

Ja, as dit goed gaan en die lewe seepglad verloop, is ons bereid om te sê dat alles ons ten goede is, maar as omstandighede ongunstig is?

Tog staan dit hier, swart op wit God se Woord:

"... alles ten goede..."

Hoe dan?

Dikwels weet ons nie hoe negatiewe gebeure vir ons ten goede is nie. Ons verstaan immers nie alles nie en ons insig is beperk. Ons ken hier net ten dele en sal eers hierna ten volle ken.

Tog kan ons dit weet en hieraan vashou: in geloof hierdie versekering ons eie maak: dit is "... alles ten goede ...", want God sê so.

Dalk sien ek eers oor ‘n paar weke hoekom dit ten goede was vir my.

Dalk neem dit ‘n paar jaar.

Dalk verstaan ek dit nooit hier op aarde nie - maar ek kan nogtans berus in een sekerheid: God het gesê dat dit vir my ten goede is, en dit is vir my genoeg. Op een of ander wyse gebruik Hy wel hierdie omstandighede in diens van my saligheid en in diens van sy koninkryk.

Uitgegee deur : Evangeliseringsmedia, Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika