LIG IN DIE DONKER 2
![]() |
1 Petrus 5:7 | "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle." |
In die hospitaal het jy baie tyd om te dink.
Jy wonder wat hierdie nuwe pyn kan wees.
Is dit nie dalk kwaadaardig nie?
Wat sal gebeur as jy lank van die werk wegbly?
Wie gaan vir jou gesin sorg?
Hierdie gedagte maak mens baie bedruk.
Dit blus jou lewensgeluk uit.
Dit maak jou kragteloos.
Laat ek jou vertel van die lewende God wat vir alles sorg:
Hy sorg vir elke voëltjie in die hemel
Hy sorg vir elke blommetjie in die veld
Hy sorg ook op n simpatieke manier vir jou.
Hier in die hospitaal kan jy dit sien:
Dokters wat jou bystaan
Verpleegsters wat jou gemaklik maak
Medisyne wat jou pyn verlig.
![]() |
Matteus 6:32 | "Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het" |
Hy het n simpatieke oor in jou droefheid en pyn.
Hy verstaan jou geestelike behoeftes
Daarom het Hy sy Seun, Jesus Christus gestuur om vir jou die ewige lewe te gee.
![]() |
Johannes 6:47 | Hy sê: "Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood wat lewe gee" |
God sorg vir jou daaglikse brood.
Hy gee jou ook die hemelse Brood.
Hy versorg jou vir tyd en ewigheid.
Daarom kan jy met n daad van geloof jou bekommernisse op Hom
plaas.
Jy kan alles op Hom aflaai.
Jy kan jou volledig in sy hande stel en voel hoe sy sorgsame liefde jou omvou.
Bely voor die Here wat jou van Hom vervreem.
Bely jou bitterheid en opstandigheid oor jou siekte.
Bely jou ondankbaarheid en murmerering terwyl jy so goed versorg word.
Bid dat Hy jou opmerksaam sal maak vir die geringste dingetjie waarin
sy sorgsame liefde skitter.
Dan sal jy God se nabyheid ervaar en waar God naby is, wyk die bekommernisse.
Bekommernisse is vrugteloos, dit kan jou lewe nie met een enkele uur verleng nie (Matt
6:27).
As jy hier kan leer om die Here te vertrou met al die bekommernisse wat jou kragte tap, dan het hierdie siekbed jou n sterker mens gemaak.
Uitgegee deur : Evangeliseringsmedia, Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika