| My Laaste oomblik |
Hy was net dertig, topfiks en gesond - toe sterf hy terwyl hy oefen vir die comrades.
Sy was maar twaalf toe hulle haar met haar verfrommelde fiets onder die bus uithaal.
Net daar tref dit my - Wanneer is my laaste oomblik?
| Psalm. 89:49 | "Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat homself kan red uit die mag van die doderyk?" |
| Wanneer mense nadink oor hul laaste oomblik op aarde, is daar gewoonlik drie groepe mense: | |
Die onverskillige wat sê: |
|
| Maar diep in jou groei reeds die vrees vir wat werklik op jou mag wag. | |
| Heb. 10:31 | "Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val." |
| Die oppervlakkige Christen wat sê: "Ek is ook gedoop", "Aangeneem in die kerk." "Ek het my foute, maar daar sal seker ook vir my genade wees." |
|
| Matteus 7:23 | "Dan sal Ek openlik vir hulle sê: "Ek het julle nooit geken nie, gaan weg van My af ..." |
| Die ware gelowige wat sê: "Die Bybel verseker my daarvan dat ek met geloof in Christus vrede het met God." "Al is ek n sondaar, sal Hy daar wees om my hand te vat." "Met geloof in Hom is ek gereed vir my laaste oomblik." |
|
| Efes. 3:12 | "In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan." |
ONDER WATTER GROEP VAL U? Wees eerlik met jouself en erken dat jou laaste oomblik enige oomblik kan wees. Erken dat jy ook dikwels wonder oor jou laaste treë op aarde en wat daarna gaan gebeur. Maak nou reeds gereed daarvaar en rus jouself vroegtydig toe met die kennis en waarborge van God se Woord. |
|
| 1. DIE ONVERWAGSHEID VAN JOU LAASTE OOMBLIK | |
| TOERUSTING TEN OPSIGTE VAN MY LAASTE OOMBLIK OP AARDE | |
| Die presiese oomblik kan nie vooruit beplan word nie. | |
| Prediker 8:8 | "...Niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie..." |
| Sal ek tyd hê om afskeid te neem? | |
| Sal my familie en omstanders dan nog saak maak? | |
| Sal ek die dood vroegtydig herken? | |
| Sal ek in vrede gaan of met stryd? | |
| Sal dit grusaam of in die stilte van die slaap kom? | |
| Niemand kan my hieroor sekerheid gee nie. Ek moet net sorg dat ek gereed is want die dag en die uur wanneer ek die Here gaan ontmoet, kom onverwags soos 'n dief in die nag. | |
| Matteus 25:13 | "Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie" |
| Die onsekerheid dwing my om nou al gereed te wees! | |
| 1.1 Die Bybel vermaan die onverskillige mens: | |
| Psalm 14:1-5 | "Die dwaas dink daar is geen God nie ...weet julle dan nie dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie?" |
| Romeine 8:13 | "As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe" |
| Lees Gal. 5:19-21 en kyk na al die dinge wat 'n mens bevrees maak vir die laaste oomblik. | |
| Lees Mat 24:45-51 en vra jouself af watter een van die twee slawe is jy. Watter opdrag van God moet jy uitvoer om gereed te wees? | |
| 'n Mens moet erken dat jy met jou lewe sonder respek en ontsag vir God se Woord, nooit van jou vrees vir die dood gaan vrykom nie | |
| Hebreërs 10:30,31 | "Ons weet tog Wie Hy is wat gesê het: 'Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld'; en verder: 'Die Here sal oor sy volk oordeel.' Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val" |
| Daar is vir my net een weg na redding en dit is om my sondes en ellende voor God te bely. | |
| Romeine 7:24,25 | "Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank ! Hy doen dit deur Jesus Christus onse Here" |
| Gryp dit vas en die onverwagsheid van die dood sal nie meer vrees oomblikke wees nie. | |
| 1.2 Die Bybel versterk die oppervlakkige Christen | |
| Lees Mat 25:1-13. Alle mense kan een of ander tyd hul geesdrif en ywer in die geloof verloor soos wat met die meisies gebeur het. Wanneer die Here dan wel kom, is dit te laat om te probeer regmaak en by die Here se feesmaal in te kom. Dan sal die oppervlakkiges moet hoor | |
| Matteus 25:12 | "Ek sê vir julle : Ek ken julle nie!" |
Onthou dat God nog voordat die wêreld geskep is, jou in Christus uitverkies het om heilig en onberispelik voor Hom te wees (vgl.Efes. 1:4). Deur die verdienste van Christus aan die kruis, het die Heilige Gees wat deur God belowe is, jou as eiendom van God beseël (vgl. Efes. 1:13). Maar moet NOOIT met 'n traak-my-nie-agtige-houding hierdie genade verag nie. Wys met jou lewe waarheen jy oppad is. 'n Traak-my-nie-agtige-houding verwoes die sekerheid wat jy gehad het. |
|
| Efesiërs 5:15-17 | "Wees baie versigtig hoe julle lewe : nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen" |
| 1.3 Die Bybel bemoedig die gelowige om te volhard op Christus se pad | |
| Die Bybel leer dat God oor my geboorte en sterwensuur beskik. | |
| Psalm 31:16 | "My tye is in u hand " |
| Of my laaste oomblik op 'n natuurlike of onnatuurlike wyse aanbreek; na 'n lang siekbed of fratsongeluk - dit vind altyd volgens God se Raadsplan plaas. God sal dit nie 'n minuut te vroeg of te laat laat gebeur nie. | |
| Prediker 3:11 | "God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd.. |
| Die Bybel leer dat my laaste oomblik nooit voortydig sal wees nie. Die ware kind van God weet wanneer dit aanbreek, dat dit beter is om by Christus uit te kom, as om in die stryd en kommernis van die lewe agter te bly. Paulus was in tweestryd of hy by die gemeente moes bly om hulle by te staan, of om te sterwe. | |
| Filippense 1:21-23 | " ...om te lewe is vir my Christus, en om te sterwe is vir my wins... Ek is in 'n tweestryd : ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste..." |
| Die dood se greep op die mens hoef vir die gelowige geen vrees meer in te hou nie. Jesus Christus het die dood se mag ontneem en van dit 'n deur gemaak wat oopmaak in die ewigheid. Jesus sê: | |
| Lukas 12:4-5 | " Moenie bang wees vir diè wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees : vir Hom wat mag het om, na die dood, in die hel te werp ... Hom moet julle vrees " |
| 2. DIE EIS OM REKENSKAP WAT MY LAASTE OOMBLIK INHOU | |
| 2.1 Die Bybel vermaan die onverskille mens | |
| Elke mens sal eendag voor die regterstoel van Christus verskyn, of jy in Hom geglo het of nie. | |
| 2 Korintiërs 5:10 | "Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad" ( ). |
| Matteus 25:32-46 | "Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. Dan sal die Koning vir diè aan sy regterkant sê: ' Kom julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei... Dan sal die Koning vir diè aan sy linkerkant sê: 'Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is... |
Lees Mat 7:13-28 waar Jesus met twee paaie, twee bome en twee fondamente daarop wys dat elke mens aan sy lewenstyl geoordeel sal word aan die einde van die lewenspad. Dit is slegs diegene wat in ootmoed, met offer en diens hulself voor God verloën, wat eendag deur die nou poort sal gaan. Met watter lewenstyl loop die onverskillige mens op verdoemenis af? Die Bybel wys elke onverskillige mens daarop dat God se genade groot is, en steeds sondaars tot bekering roep. Sy Gees laat my antwoord op sy roepstem en Hy maak uit genade die ewige poorte vir bekeerde sondaars oop. Die misdadiger aan die kruis het in die laaste oomblikke van sy lewe nog redding in Jesus gevind : |
|
| Lukas 23:43, 44 | "Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom." Jesus antwoord hom :"Ek verseker jou : Vandag sal jy saam met My in die paradys wees." |
| 2.2 Die Bybel versterk die oppervlakkige Christen | |
| Daar sal nie tyd oor wees om in die uur van rekenskap om te draai en reg te maak wat nog in jou lewe mag ontbreek nie. | |
| Hebreërs. 9:27 | " 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel" |
| As Christen moet ek altyd bewus bly van die feit dat ek vrygemaak is van die sonde. Ek kan en moet heilig voor God lewe. Elkeen se lewe wys alreeds waarheen jy gaan na jou sterwe. | |
| Romeine 6:11 | "Julle moet dus altyd onthou dat ook julle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus " |
| Die Bybel herinner ons telkens daaraan wie ons is en aan Wie ons behoort. | |
| Hebreërs 12:12,13 | "Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word." |
| 2.3 Die Bybel bemoedig die gelowige om te volhard op Christus se pad | |
| As ware gelowige kan ek weet dat ek ongeag my menslike gebrokenheid en sonde, in Christus 'n ware Advokaat het. Hy sal my saak op die laaste oomblik voor God die Vader verdedig. | |
| Johannes. 5:24 | "Dit verseker Ek julle : Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan " |
| Romeine. 6:8 | "Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe" |
| As ware gelowige word ek opgeroep om elke dag so te leef en te bou dat my lewenswerke in die oordeel staande sal bly. | |
| 1 Korintiërs 3:13-15 | "...elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is" |
| 'n Lewe aan God toegewy is nooit tevergeefs nie, maar sal uiteindelik bekroning bring en vreugde dat dit alles die moeite werd was. | |
| Openbaring 14:13 | "Geseënd is diè wat van nou af in die Here sterwe" "Ja," sê die Gees, "hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle" |
| Matteus 25:23 | " Mooi so ! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!" |
| Die Bybel verseker my van die opstanding van die dooies. | |
| Johannes. 11:25 | "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook ..." |
| Diegene wat in Hom glo, het hierdie troos nou reeds as 'n blye werklikheid. Dit anker my as gelowige aan 'n besliste toekoms saam met God. | |
| 3. WEES TOEGERUS EN VOORBEREID | |
Vandag is dus van uiterste belang vir my ewige toekoms - nie om monumente na te laat, boeke te skryf, groot dade ('n hospitaal of tehuis met my naam ), na te laat nie. Vandag is bedoel om sinvol saam met die Here te lewe. Dan kan my laaste oomblik maar kom op dertig of tagtig - jarige ouderdom. Met my Here is ek voorbereid. Waar 'n lewendige geloof is, is 'n lewendige verwagting. Wie reg leef , hoef nie die dood te vrees nie. Jy sterf soos wat jy geleef het. Gee dan regte inhoud aan vandag en: |
|
| Efesiërs. 4:1 | "Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het" |
Ek moet verwag dat daar dae sal wees waarin my geloofskrag mag kwyn en twyfel my kan oorval. Selfs op 'n sterfbed kan angsaanvalle oor 'n mens kom. Maar vir die Christen is die spanning nog nie angs nie. |
|
| Hebreërs. 2:14,15 | "Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood diè een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry" |
| Geloof in Jesus Christus verdryf daardie vrees vir die dood en vul my met hoopvolle verwagting vir die opstanding: | |
| Romeine 14:8 | "As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here" |
Ons sterf slegs om weer op te staan. Ons bly oorwinnaars al sterf ons . Ek kan met onwrikbare vertroue daaraan vashou dat ek met die onsterfike beklee sal word wanneer ek hierdie sterflike liggaam soos 'n ou jas afgegooi het. Ja, dat ek ewig by God sal wees om Hom te loof en te prys - dit verdryf alle vrees. My dood is maar net 'n deurgang na die nuwe lewe. Dit is nie die uitblaas van die lewensvlam nie, maar die opkoms van die ewige Son. As ons dit nie glo nie, treur ons soos mense wat geen hoop het nie (1 Tes.4:13). Wat 'n troos - ek kan oor die dood praat as die mens se vyand wat wonde slaan en plekke leeglaat, maar dis nie meer 'n mag wat my van my ewige erfenis kan beroof nie! Wat 'n troos - ek kan dit met vertroue in God se ewige beloftes tegemoet gaan. Wat 'n troos - ons kan mekaar eendag groet met die onbetwisbare sekerheid van Christus se opstanding - daarmee ons eie opstanding. Ons het 'n hand wat ons in die aandskemering van ons lewe op ons laaste treë sal vergesel. |
|
| (Uitgegee deur Evangeliseringsmedia, GKSA. Posbus20004, Noordbrug, 2522). Laaste opdateer: 19/05/05 Webmeester |
|