HOE KEN JY DIE HERE JESUS ?
Matteus 11:28-30 |
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele: want my juk is sag en my las is lig". |
| In die Bybelse tyd was die Skrifgeleerdes en die Fariseërs baie harde mense - mense wat die Wet van die Here baie goed geken het en veral lief was om ander veroordelend daaraan te meet. | |
| Dit is natuurlik so dat ons iets van die Here graag in die lewe van ons dominees, ouers of onderwysers wil sien. Maar as hulle liefdeloos of hoogmoedig lewe kan jy maklik dink dat die Here ook so is, want dit is mos hulle wat jou van die Here moet leer, nie waar nie. Geen wonder nie, dat baie mense vandag dink dat die Here liefdeloos is. En dit is waarom die Here Jesus die mense nooi om na Hom toe te kom. Hiermee sê Hy: Ek is nie soos hulle nie! Ek is sagmoedig en nederig van hart. | |
Ekself het dit al soveel keer ervaar dat die
Here Jesus nie soos baie mense is vir wie ons ken nie. As ek ongelukkig voel oor iets,
gaan ek dikwels na die Here toe soos ek is, en ek vertel aan Hom al my probleme sonder om
bang te wees. Daarna ervaar ek n kalmte wat oor my kom. Want, " ... n
Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus
nie," (Matt. 12:20) . |
![]() |
In die uitnodiging van ons Here Jesus is daar nie net rus te vind nie maar ook n ernstige waarskuwing aan elkeen wat die beeld van Christus na ander mense toe uitstraal. Moenie deur jou persoonlikheid n verkeerde Christus aan mense voorhou nie - jy as ouer aan jou kind - as onderwyser aan jou klas, jy as dominee in jou gemeente, jy as ouderling of sondagskoolonderwyseres wat die kinders van die Here moet leer - want as jy n verkeerde beeld van Christus aan hulle voorhou, word jy baie ernstig gewaarsku: " ... maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in my glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see (Matt. 18:6). |
.