WIE IS GOD VIR JOU?

Ek praat met jou, my vriend: "Wie is jy?".
Miskien sê jy: "Ek weet nie wie is ek nie"
Dan sal ek jou vertel wie is jy.
Ek sal 'n spieël voor jou hou, jy kyk daarin, en ek sal sê wat sien jy in die spieël.
Dalk dink jy dat ek nie kan sê wie is jy nie, want ons het mekaar nog nooit ontmoet nie.
Tog sal ek kan sê. Want dis in wese nie ek nie, maar die HERE wat presies weet, wie is jy!
Kyk 'n bietjie in die spieël.
Dan sien jy Jan (of Pieter, of Gawie, of Marie, of Janet - maar die naam maak nie eintlik saak nie.
Want die gesig wat ek sien is maar soos alle gesigte.
Twee oë, 'n neus, twee ore, 'n ken, 'n mond, hare.
Maar agter die oë, daar lê die verskille.

 

Soos Jesus gesê het: "Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!" Matteus 6:22-23

 

Kyk jouself nou reg in die oë.
Dan sien jy hoe jy is.
Dan sien jy duisternis, so donker soos die nag.
Want jy weet van God. Jy weet van die HERE. Jy weet van Jesus.
Maar hulle het geen plek in jou lewe nie.
Jy dink jy kan sonder Hulle heel gemaklik klaar kom.
En hoe kom jy sonder Hulle klaar!
Jy het rusie, daagliks, met jou vrou of jou man.
Want jy vertrou haar/hom nie.
Jy dink sy/hy kul jou.
Jy het geen wesenlike relasie met jou kinders nie.
Jy ken hulle eintlik nie, want jy het geen egte belangstelling vir hulle nie.
Daarom is dit so donker in jou!
Tussen jou en jou werkgewer/werknemer wil dit ook nie 'kliek' nie.
Jy probeer om met so min moontlik werk 'klaar' te kom.
Hulle probeer om so veel moontlik tyd en goedere te steel.
En met jou vriende... ag, jy het nie eers vriende nie.
Die duisternis in jou maak dat jy hulle almal van jou vervreem.
Nou het jy jouself gesien soos jy, sonder God, is.
Hoe donker dit binnein jou is omdat jy nie vir God ken nie.
Daarom gaan ek nou God vir jou 'teken' soos Hy werklik is.
Hy is Jesus se Vader, soos Jesus Self gesê het toe Hy die tempel in Jerusalem ge-noem het "die huis van My Vader" (Johannes 2:16).
Hy is jòù Vader, want Hy het jou geskape (Deuteronomium 32:6).
En Hy het alle mense, ook jou, lief (Johannes 3:16).
Hy is die Koning van hemel en aarde (Psalm 10:16).
Die HERE is die Redder van almal wat in Hom glo (Jesaja 60:16).
Die HERE is die Verlosser uit alle gevare (Jesaja 43:3).
Ken jy hierdie God?
HERE is Sy Naam.
Dws. HY IS altyd daar om Sy kinders te beskerm.
HY IS die God wat 'n verhouding met Sy kinders aan(ge)gaan (het).
HY IS die God wat 'n verbond met hulle gesluit het.
HY IS die HERE wat gesê het en vandag nog sê: "Ek sal jou God wees, en jy mag My kind wees" (Eksodus 6:7).
En dit was nie net in die verlede, met Israel, met die Jode, so nie.
Dit is vandag nog presies dieselfde, want Hy is Dieselfde.
Die HERE is nou nóg Vader, en Hy het nóg kinders (II Korinte 6:16).
En Hy kies nie net goeie mense uit om Sy kinders te wees nie.
Hy kies sondaars uit.
Mense wie se oë donker is van die sonde-duisternis in hulle.
Mense soos jy, wat nie in vrede met hulle vrou/man kan leef nie.
Mense wat geen relasie met hulle kinders het nie.
Mense wat as werkgewer/werknemer nie betroubaar is nie.
Mense wat geen vriende het nie.
Hy wil hulle Vriend word.
Hy het selfs Sy eie Seun gestuur om sondaars, soos jy, te red.
Om hulle, om jou te omvorm tot 'n mens wat lig uitstraal.
Wat die lig van Jesus Christus reflekteer in hulle lewens.
En wat daardeur met hulle man/vrou, kinders regtig gemeenskap het.
Wat hulle werkgewer/werknemers goed behandel.
Wat 'n hele klomp vriende het.
Omdat die Lig van Jesus Christus uit hulle oë, uit hulle lewens, uit hulle dade, uit hulle woorde, sigbaar word, elke dag opnuut.
Daarom die vraag weer: Wie is God vir jou?
'n Vreeswekkende figuur, omdat jy verskriklik bang vir Hom is?
Want Hy kán geweldig kwaad word!
Maar as jy Sy Woord aanneem, klaar Sy gesig op, en is Hy vriendelik, omdat Hy ook jou vriend wil wees.
Neem daarom Jesus Christus aan as jou Verlosser.
Dan is God die HERE jou Vader, en jou Redder, en jou Vriend.
Nie net vir nou nie, maar vir ewig.
Dan sal jy ‘n vriend wees vir jou vrou/man, jou kinders.
En jy sal baie vriende hê, in Christus Jesus.