Dagstukkies

Elke jaar sedert 1998 verskyn daar 'n kort oordenking in die Almanak van die GKSA. Primêr is dit bedoel as 'n deel van die gelowige se daaglikse godsdiensoefening.

Daar is egter 'n tweede bate: dit help lidmate met persoonlike Bybelstudie. Dit is nie bedoel as 'n formele Bybelstudie nie, maar is nuttig sou 'n mens iets raaklees wat 'n mens nie baie goed verstaan nie.

Verder berus ons geloofsbelydenis in die Skrif. Dikwels word die geloofsbelydenis ook in die Dagstukkies aangehaal.

Op hierdie deel van die webblad word elke dag se dagstukkie op sy eie in PDF-formaat geplaas. Dit kan dus in enige grootte uitgedruk word.


Indeks van Dagstukkies

Die Indeks se doel is om u te neem na 'n Dagstukkie wat oor 'n spesifieke hoofstuk in die Bybel gaan.

Dis nie moontlik om verwysings na gedeeltes in hoofstukke (perikope) of spesifieke tekste te maak nie aangesien die drie Afrikaanse vertalings nie noodwendig dieselfde indeling volg nie.

Klik op die skakel om die dagstukkie oop te maak. U kan dit ook gerus aflaai.


Klik hier om foute aan te meld. Gee net die datum van die skakel, byvoorbeeld 20230105


Hierdie bladsy vertoon tans nie korrek op Google Chrome nie, wel op Microsoft Edge, Firefox Mozilla, Opera en Safari